Dankoffers

By Rooihuiskraal Gemeente glo ons - in lyn met dit wat ons juis in die Woord leer - dat dankoffers veel meer as net jou finansiёle bydrae behels. Dankoffers kan ook jou tyd behels, jou energie, jou talente of selfs 'n eenvoudige kospakkie aan 'n behoeftige gesin. Soms is 'n dankoffer daardie geselsie en koffietjie saam met 'n vriend wat na aan die hart is.

Bankbesonderhede

Nederduitsch Hervormde Kerk Rooihuiskraal
Absa Tjekrekening: 2890580400
Takkode: 632005
Verwysing: Sit asb u voorletters en van as verwysing op die betaling in.

SnapScan

Jy kan jou bydrae elektronies maak deur die QR kode met jou foon te skandeer. Jy word dan die keuse gebied om jou bydrae te maak deur een van die volgende opsies te kies:

  • "Pay with SnapScan"
  • "Pay with card"
  • "Pay by bank"

  • SnapScan
    Debietorder

    Jy kan versoek dat jou maandelikse offergawebydrae elektronies na die kerk se bankrekening oorgeplaas word deur die debietordervorm te voltooi en aan die kerkkantoor te e-pos by rhkkantoor@nhkrhk.co.za of om dit by die kerkkantoor in the handig.

    Ek wil graag betrokke raak ...

    Stuur vir ons jou inligting en ons betrek jou!